Budget vote: Speech by Pieter Groenewald MP, Freedom Front Plus

1806

Geagte Voorsitter
 

Ek wil begin om die agb Minister, die Portefeuljekomitee op Verdediging en my party, die Vryheidsfront Plus, te bedank vir die geleentheid wat hulle my gegee het om op die Tussentydse Militêre Dienskommissie te dien. Ek het baie geleer in die tyd en ek sê dit omdat ek nie beskikbaar is vir die permanente kommissie nie.
 

I must say to the hon. Minister, to appoint politicians, former general’s, a former dictator (Bantu Holomisa) and a professor on one commission, you need a bishop and medical doctor on the commission as well. With all these members you cannot do other but to appoint a judge as presiding officer. The judge had to give a verdict on occassions, but luckily none of us was sentence to jail or a fine. It was a privilige to serve with these members and the mutual respect towards each other is remarkable. It was an honor to serve with members who served South Africa and its people.
 

Said that, hon Minister, I must stress the point that if we do not ensure the implementation of the recommendations from the Commission into practise, we have wasted our time and the taxpayers money. The Commission is only of value if the recommendations are implemented.
 

Wat ek ook geleer het is dat daar baie gesê word oor vakbonde in die Weermag. Ek wil egter vir die agb. Minister sê, die feit dat griewe van lede van die weermag nie behoorlik aangespreek word nie, dryf hulle na vakbonde toe. Die vakbond word dan die instrument om griewe opgelos te kry. Dit is dus die Weermag self wat veroorsaak dat vakbonde floreer in die Weermag, want as die lede se griewe behoorlik aangespreek word, sal hulle nie ‘n vakbond nodig hê nie.
 

Ek wil ook vir die agb. Minister sê dat sy nie beloftes moet maak wat sy nie kan nakom nie. In verlede jaar se begrotingsdebat het sy gesê dat Militêre diens beskikbaar gestel moet word vir alle jongmense van Suid-Afrika. Dit het sekere verwagtinge geskep, maar die werklikheid is dat ons dit nie kan bekostig nie. Dieselfde beloftes word nou gemaak vir Militêre veterane dat daar na hulle omgesien moet word. Ek is van mening dat ons dit nie kan bekostig nie en word daar weer verwagtinge geskep waaraan nie voldoen kan word nie. Dit veroorsaak frustrasie en teleurstelling.
 



Laastens bly die verdedigingsbegroting ‘n groot uitdaging omdat daar nie voldoende fondse is nie. Alles moontlik sal gedoen moet word om die begroting van die huidige 1,2% van die BBP op te skuif na ongeveer 1,8% van die BBP.     Ek dank u.